READER STATISTICS

  • 72,1% of readers consider The Dairy Mail to be a relevant and useful source of information** and

  • 67,2% regard the magazine and the MPO’s social media platforms as their primary source of dairy information.

  • 86,9% of readers say the magazine content meets their needs and 93,5% see The Dairy Mail as value for money.*

  • 91,8% of readers consider The Dairy Mail a targeted, scientific, and credible source of information compared to other publications.*

  • 86,9% of readers enjoy reading a printed copy of the magazine, while 52,5% (51,7%**) of readers enjoy reading a digital copy.

  • 42.6% of readers enjoy reading The Dairy Mail in Afrikaans and 45,9% of readers enjoy reading The Dairy Mail in English.*


 

 

*Statistics obtained from The Dairy Mail reader survey, July 2021
**Statistics obtained from the MPO restructuring survey, June 2021
***ABC figures, July 2021

 

Koeigemak in Suid-Afrikaanse omstandighede  deur Mike Mouton - DEEL 1

 

Hoë somertemperature in Suid-Afrika het uitdagings tot gevolg vir melkboere wat daarna streef om koeigemak en produktiwiteit te verbeter. Wanneer ons na koeigemak kyk, moet ons altyd die vyf basiese regte van ’n koei in gedagte hou:

  • vry van honger en dors

  • vry van ongemak

  • vry van beserings en siektes

  • vry om natuurlik te beweeg

  • vry van vrees

Daar is ook ses sleutelareas wat koeigemak beïnvloed, wat in plek moet wees om koeie se stresvlakke te bestuur en hulle gesond en produktief te hou:

  • ventilasie en afkoeling

  • rus-areas

  • waterbeskikbaarheid en drinkspasie

  • die “grooming” behoefte van koeie

  • loopareas

  • voerareas

In hierdie artikel, die eerste in ons reeks oor koeigemak, fokus ons op ventilasie en afkoelingstrategieë. Hierdie maatreëls gee aan melkboere riglyne om die somerhitte se nadelige invloed te bestuur om sowel dierewelsyn as melkproduksie te verbeter.

Afkoeling in die hou-area

Die hou-area, waar koeie staan voor melking, kan eeffektief afgekoel word. Dit is ideaal om koeie net voor die dagmelkings af te koel om hittestres te verminder. Skadu-strukture met waaiers en benatting werk uitstekend.

  • Skadu-strukture: Skep 'n koeler hou-area deur te voorkom dat sonlig direk op die diere skyn.

  • Waaiers: Hoëspoedwaaiers met ’n windspoed van ten minste 2 m/s wat lugvloei direk op diere rig, is baie effektief.

  • Benatting: Die afwisselende benatting van diere tesame met die waaiers lewer die beste verdampings/verkoelingseffek. Sproeiers wat ’n groot waterdruppel lewer, is ideaal. Die water moet tot op die dier se vel deurdring, sodat die water vanaf die vel kan verdamp en afkoeling bevorder. ’n Goeie vuisreël is dat sproeiers vir 35 sekondes geaktiveer word en dat waaiers daarna aankom vir vyf minute om diere droog te waai. Herhaal elke 15 minute. Beskikbaarheid van water moet in ag geneem word.

Optimalisering van natuurlike ventilasie in behuising

Effektiewe behuisingsontwerp, veral in loshuis-stelsels, is noodsaaklik vir optimale natuurlike ventilasie. Die volgende aspekte moet in ag geneem word om ventilasie en afkoeling van koeie in die behuising te bevorder:

  1. Behuisingsoriëntasie: Dit is prioriteit en ideaal dat heersende somerwinde oor die dwarste van die huis sal waai.

Wanneer heersende somerwinde aan die kopkant van behuising inwaai, sal die koeie geneig wees om aan daardie kant van die gebou saam te drom op soek na vars lug.  

  1. Nok-opening: ’n Nok-opening aan die bokant van die dak veroorsaak 'n natuurlike skoorsteeneffek. Die nok-opening moet oor die totale lengte van die gebou strek sodat die warm lug opstyg en ontsnap, terwyl koeler lug van die kante ingetrek word. Die grootte van die opening moet in ooreenstemming met die breedte van die behuising wees om ventilasie te optimaliseer. ’n Goeie riglyn is 2cm vir elke 1m gebou-breedte.

  2. Afstand tussen behuisings: Die vuisreël is dat daar ten minste die breedte van ’n behuising tussen die afsonderlike behuisings gelaat moet word om ventilasie tussen die geboue te optimaliseer.

 

Verkoeling by voer- en rusarea

Koeie se liggaamstemperatuur verhoog wanneer hulle vreet en herkou. Dit is dus belangrik dat daar doelgerigte verkoeling is in voerlanings en rusareas.

Die volgende riglyne word aanbeveel:

  • Waaiers by voerlanings: Waar natuurlike ventilasie nie voldoende is nie, kan oorhoofse waaiers aangebring word wat lugvloei en ventilasie bevorder. Waaiers moet sover moontlik saam met die natuurlike lugvloei werk en nie daarteen nie. Windspoed van 2 m/s bly hier steeds die reël om koeie effektief af te koel.

  • Outomatisering van sproeiers saam met waaiers in voerlanings: Temperatuursensors en tydskakelaars in behuising aktiveer waaiers en sproeiers by die voerlanings outomaties. Om water te bespaar kan optiese sensors by die voerlaning aangebring word, wat sal verseker dat sproeiers en waaiers slegs geaktiveer word wanneer daar diere by die voerlaning teenwoordig is. Die geoutomatiseerde stelsel sal verseker dat koeie gemaklik bly deur die dag, ongeag temperatuurskommelinge.

  • Waaiers oor rusareas: Waaiers in rusareas help om lugvloei te handhaaf en koeie koel te hou terwyl hulle lê en herkou.

  • Die koei sal jou wys: ’n Eenvoudige manier om hittestres te bepaal is om die gemiddelde aantal asemhalings van 10 koeie in die behuising te tel. Meer as 60 asemhalings per minuut dui daarop dat sy hittestres ervaar. Asemhalings meer as 80 per minuut dui op ernstige hittestres.

  • Die temperatuur-humiditeit-indeks- (THI-) tabel moet as riglyn gebruik word.

 Die voordele van goeie ventilasie en koeigemakbestuur sluit in:

Winsgewendheid:

Die verwantskap tussen koeigemak en produktiwiteit is duidelik. Verlaging van stres en veral hittestres lei tot verhoogde voerinname en gepaardgaande verhoging in melkproduksie en reproduksie. Dit het ’n direkte invloed op die winsgewendheid van die melkery. Dit is dus van kardinale belang om koeigemak baie hoog op enige melkplaas se prioriteitlys te hou. 

Langslewendheid: 

Koeie met verlaagde stresvlakke se natuurlike weerstand teen siektes sal hoër wees terwyl hul gesondheidsrisiko verlaag, wat langslewendheid en leeftydproduksie in die kudde sal verhoog. 

Netheid en higiëne: Skoon en droë loop- en rus-areas verminder die kans vir bakteriese groei en infeksies. 

Verminder reuke en ongewenste gasse: Koeie produseer metaangas tydens die herkouproses. Goeie ventilasie is nodig om metaangas uit die behuising te verwyder en suurstofkonsentrasie in behuising te verhoog vir optimale produksie.

Gevolgtrekking

In Suid-Afrika, met hoë somertemperature en humiditeit, is dit nodig om proaktiewe maatreëls te tref om koeigemak te bevorder. Goeie ventilasie en die afkoeling van diere speel ’n belangrike rol om ’n omgewing te skep wat hittestres verminder en koeiwelsyn ondersteun, wat sal lei tot gesonde diere met optimale leeftydproduksie.